Hierdie Bybelstudie wys daarop dat daar slegs een Outeur van die Bybel is, die Heilige Gees. Eenheid in die Woord van God dui daarop dat dieselfde temas, name, prototipes, profesieë, ens. in die Bybel raakgesien kan word. Laasgenoemde is wonderlik indien daar in gedagte gehou word dat die Bybel oor honderde jare geskryf is en die Here verskeie outeurs, uit verskillende agtergronde, gebiede en tydperke gebruik het.