Die Ou Testament spreek profeties van die Messias wat sal kom. Die Nuwe Testament getuig outentiek van die Messias wat gekom het en die Wese van God, die Here, aan ons kom openbaar het. Hy het gekom, volgens die meer as driehonderd profesieë van die Ou Testament, en uit die dood kom opstaan. Hierdeur het Hy gewys dat Hy die enigste God en gewer van lewe is. Hy het ook vir die gelowiges die versekering gegee dat Hy sal terugkom om ons te kom haal. In hierdie Bybelstudie kan gesien word dat daar alreeds in Genesis van die Messias gepraat word.